Bak & Brou | Erika Greyling Vol. 2
Afrikaanse ManneMay 20, 202301:00:4041.7 MB

Bak & Brou | Erika Greyling Vol. 2

Bak & Brou | Erika Greyling Vol. 2

Wat 'n lekker chat! Vandag gesels Hugo met Erika Greyling. Erika gee ons die kans om haar uit te vra oor haar Profesie, bak/kook as ook haar tuiste vir die laaste 8jaar, Engeland. Ons gesels oor waar sy begin het en hoe sy as chef begin het, ons praat ook oor Engeland, huis pryse & haar vakansie in Europa. Hierdie was nog 'n great ervaring om met Erika te kon gesels , dankie aan Erika vir die awesome onderhoud!
Geniet die een saam ons

Erika se Vegan Sjokolade Koek Resep:
400 g Suiker
400 g Meel (all purpose of net gewone meel)
64 g Kakaopoeier
2 tsp Koeksoda (Bicarbonate of soda)
1 tsp Sout
150 g Olie
10 g asyn
500 g water

Sit alles saam in 'n mengbak behalwe helfte van die water.
Klits dit met 'n whisk tot daar geen klonte is nie.
Voeg die res van die water by en klits tot als gemeng is.
Verdeel die mengsel in gesmeerde koekpanne of in cupcake foils.
Bak by 180'C (350'F) tot 'n toetspen skoon uitkom.
Cupcakes vat omtrent 20 min.
Koeklae vat ongeveer 35 min of meer, afhangende van die grootte van die pan.

(Die koekmengsel gaan baie nat lyk voor jy dit bak. Dis normaal. Sit 'n bakplaat onder die koekpan ingeval van die mengsel uitlek)

Laat die koek 'n rukkie afkoel in die koekpan voor jy dit uit die koekpan uithaal.

Vegan Sjokolade glaze
(Sny die koue koek gelyk bo en draai die koek dan onderste bo voordat jy die glaze opsit) 
125 ml Suiker 
60 ml Dairy free butter 
30 ml Dairy free milk (soy, almond, watokal jy van hou) 
30 ml Kakaopoeier Vanilla (Kan instant koffiepoeier byvoeg as jy verkies) 

Verhit als saam totdat dit gesmelt en gemeng is. 
Laat dit afkoel terwyl jy elke paar minute roer sodat dit nie 'n velletjie bo maak nie. Sodra dit koel en dikkerig is, sit dit bo-op die sjokoladekoek. 

Of jy kan enige vegan versiersel maak waarvan jy hou, as jy nie 'n glaze wil hê nie.

Ons het 'n INSTAGRAM begin so volg ons beslis hier:
https://www.instagram.com/afrikaanse_manne21/

Volg Afrikaanse Manne op Facebook
https://www.facebook.com/AfrikaanseManne

Youtube Channel:
https://youtube.com/channel/UCFgB-7N8uQzs_bQ5PKPAS7g

Mei se luister boek vir die maand:
Mud, Sweat, and Tears By: Bear Grylls
https://www.audible.com/pd/Mud-Sweat-and-Tears-Audiobook/B007W4FCT6?action_code=ASSGB149080119000H&share_location=pdp

Enjoy soos altyd!

www.afrikaansemanne.com

All content © 2023 Afrikaanse Manne.